Winter

gister was so koud
ek het die son probeer inasem
dit het nie gehelp nie
jou koue hande ook nie

nou sit ek aleen en koud
net my rug op die skrefies son
vegtend om myself op te warm
want steeds waai jou koue oor my

deur Lené Thuynsma, 2018

Advertisements

oogopslag

jy ken my nie
die geluk wat jy nie raaksien nie
my laf lag lekker dae
boude swaai koppe draai
blou en blink
dis alles waaraan jy nie kan dink

deur Lené Thuynsma, 2018

Sy glo in haarself!

sy wens dat hulle haar nie vasgom nie
vou soos elke ander papier boot nie
haar nie vervorm in dit wat hulle wil sien nie

haar papier boot bodem sal skeur
van bakboord tot stuurboord
sy glo in haarself, al glo hulle nie

sy weet dit sal meer gom verg
vir haar boot se verskeurde rante
haar papier plak nie meer nie

haar wil is om nuut te begin
verander alles, sodat sy soos sy lyk
sy glo in haarself, en hulle sal ook

deur Lené Thuynsma, 2018

ek het die voorreg gehad om die Ivory Park uitreik van NG Elarduspark, dop te hou

daar was gesê (dit is nie my storie om te vertel nie, so ek gaan nie die hele een noem nie) dat van die girls gedwing word in ‘n ander afdeling van glo in (my bewoording mag verkeerd wees, ek hoop jy verstaan my reg), en dit maak hulle deurmekaar, en weet nie meer wat wat is nie, die gedig is vir hulle en enige een wat ook so voel

in hulle geval, voel ek, is nie een manier van glo verkeerd nie, so girls it’s all up to you to make up your mind, but don’t let anyone make it for you, even if they think they are

refleksie

‘n jaar in die lewe sonder jou
‘n jaar van swoeg en sweet verby nou
hoop dat jy vrede vind
hoop dat myne nie verdwaal in die wind

sal ek weet dat ek kan groei
sal ek weer en weer teen dit stoei
weet dat ek jou nie mis nie
weet dat ek jou net nie vergeet nie

nuwe arms om my gevou
nuwe lewe, nuwe vrou
sy nuwe hande in myne
sy nuwe nuut voel soos joune

en jou naam is in my wese
en sy naam is my gewete
eerlik, hy is net vir my
eerlik, net oor hy is soos jy

deur Lené Thuynsma, 2018

A poet’s hatred

“Poetry despises nothing”

But are despised by the poet

For he has found a theme;

Brokenness,

His heart and head alike

Has he found the reason

For desperately despising his own work

His own art

Loved by so many

But as well disliked

For they do not forsee his theme

His desperate cry for air

Suffocating beneath his own hatred

But alive in the eyes of others

By Lené Thuynsma, 2018